
=====================================================================
Skep 'n ware paradys vir boeke! (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Skep 'n ware paradys vir boeke!

Neo Tlhapi, Anna-Mart van der Merwe en Susan Rossouw in Generaal Mannetjies Mentz by die Aardklopfees.

  Heilna du Plooy gee haar siening van vanjaar se Aardklopfees.   DIE tweede Aardklopfees is verby. Te oordeel na spontane uitlatings oor 
die fees kan 'n mens sonder huiwering s dat die tweede Aardklop inderdaad 'n groot sukses was. Dit was trouens opvallend hoe positief 
mense oor die fees in sy geheel is, behoorlik asof hulle nie genoeg woorde kan kry om te s hoe goed en hoe lekker dit was nie.

Die kaartjieverkope was skitterend: Teenoor die ongeveer 15,000 kaartjies van 1998 is die ongeveer 44,000 (volgens syfers wat beskikbaar is 
by die skryf hiervan) van 1999 meer as bevredigend. Dit toon dat mense die fees goed ondersteun en dat daar gewis 'n behoefte aan so 'n 
fees is.

Daar was aan die begin by verskeie vertonings probleme met klank en beligting. Tegniese struikelblokke laat die atmosfeer in 'n saal maklik 
verlore raak en kan selfs veroorsaak dat geen atmosfeer opgebou kan word nie. Wat vir my minder aanvaarbaar is, is die feit dat in sommige 
produksies dit duidelik was dat akteurs nie goed genoeg gerepeteer het nie en dat hulle duidelik met elke volgende vertoning beter gevaar 
het. Die begroting van so 'n fees laat seker nie weke lange repetisies toe nie, maar 'n professionele akteur of aktrise moet tog besef dat 
sy/haar reputasie ernstig skade kan ly as woorde vergeet word of as die sinchronisasie tussen akteurs of tussen akteurs en tegniek nie werk 
nie.

Die probleem is dat daar soveel werklik professionele optredes is dat di wat onaf voorkom, te maklik afsteek. Die gehore is deurgaans 
absoluut waarderend en selfs waar ek ernstige foute opgemerk het, het ander na dieselfde vertoning steeds waardering uitgespreek. Die 
toneellui kan hulle dus nie heeltemal laat sus deur die bewondering van mense wat so bereid is om te waardeer dat hulle foute vergewe nie. 
Dit gaan immers om professionele selfrespek, en elkeen weet gewis waar die leemtes l.

Die groot produksie van die fees was natuurlik die verhoogweergawe van Christoffel Coetzee se Op soek na generaal Mannetjies Mentz. Daar is 
baie geld bel in die produksie en daar is vooraf baie publisiteit aan die opvoering en aan verskeie individuele akteurs gegee. Die 
algemene reaksie op die stuk was egter, indien nie teleurstelling nie, minstens gemengde gevoelens. Ek wil dadelik bys dat niemand met wie 
ek gepraat het (en ek het uit my pad gegaan om menings te toets) 'n probleem met die tema van die stuk as sodanig gehad het nie. Die ligte 
onvrede met die opvoering wat so algemeen was, het myns insiens eerder te make met die opvoering as verhoogstuk self en met kleiner aspekte 
van interpretasie van die roman.

Vir mense wat die boek gelees het, was die verloop van die gebeure heeltemal duidelik (en ek tel onder hierdie groep), maar mense wat nie 
die boek gelees het nie, het dit moeilik gevind om die kloutjie by die oor te kry, veral wat betref die rol van die verteller (Marius 
Weyers). Nie dat daar met Weyers se spel fout was nie, inteendeel, en daar was ook min te s oor die spel van die ander akteurs. Dit was 
eerder die tablo-agtige aanbieding wat, hoewel dit aansluit by postmodernistiese filmtegnieke waaraan almal gewoond is, nie genoeg binding 
en vaart kon genereer om diep genoeg te boei nie.

Die verhoogstuk moet op sy eie bene kan staan, net soos die verfilming van 'n roman 'n nuwe selfstandige teks is en behoort te wees.

Ek gaan my nie aanmatig om 'n diagnose te maak van waar Mannetjies Mentz as drama tekortskiet nie. Trouens, daar was baie om te waardeer -- 
die integrasie van beeldprojeksies en bewegende akteurs op die verhoog was besonder treffend, die toneelspel was oor die algemeen intens en 
oortuigend, ens. -- maar dit was asof dinge nie goed genoeg bymekaargekom het nie, asof die "vertaling" van die romanteks na die medium van 
die drama bepaalde noodsaaklike elemente nie sterk genoeg visueel voorgestel het dat die stelling wat die boek maak, treffend deur die 
drama kon spreek nie. Miskien gaan dit om die figuur van Mentz self -- 'n onopvallende mens wat nogtans byna magiese mag oor ander gehad 
het. Indien dt duideliker was, sou dit dalk al gehelp het. Gys de Villiers het geen foute gemaak nie, maar die stuk het hom weinig ruimte 
gegee. Die drama werk immers primr met handeling en dalk moet daar weer na die romanteks gekyk word met die oog op die invoeging van 
enkele sprekende handelingsekwensies wat 'n saambindende, toeligtende of openbarende funksie kan vervul.

Op die gevaar af om belangrike produksies na te laat, een of twee spesifieke opmerkings. Antjie Krog se stuk Waarom is di wat voor toi-
toi, altyd so vet? is baie goed ontvang. Die posieproduksies is almal goed bygewoon en dit is verstommend hoe stil mense kan sit en 
luister na posie. Wat 'n mens laat vra of uitgewers regtig verstandig is om posie so skraps te publiseer. Iemand wat regtig vermelding 
verdien, is die komponis Wilhelm Joubert, wat in die Van Wyk Louw-program (Spiel) met pragtige toonsettings vorendag gekom het, net soos 
in die Elisabeth Eybers-produksie verlede jaar. Die kabaretprogramme was in die kol. Karin Hougaard (met 'n wonderlike multimedia-
agtergrond) het Beeld se Aartvarkprys ontvang vir die gewildste vertoning op die fees.

Wat wel afgeskeep vertoon het, was die boekeparadys. In die lokaal waar die Van Schaik-boekwinkel vroer was en wat tans leeg staan, was 
die boeke allermins in 'n paradys. Die lokaal het koud en leeg vertoon en ek het regtig baie gesoek na boeke wat 'n mens tog daar sou 
verwag. Dit was om die minste te s 'n bietjie verbeeldingloos aangebied al is daar blykbaar tog heelwat boeke verkoop.

Ek kan nie begryp dat daar nie sessies gerel word met skrywers sodat getekende eksemplare verkoop kan word nie -- die skrywers was almal 
daar en baie sigbaar in die koffiekroegie langs die boekeparadys, waar almal hulle raakgesien en aangestaar het. Die mense was dus daar, 
maar sommige se boeke nie. Op die fees was daar 'n program oor die posie van T.T. Cloete as huldiging vir sy 75ste verjaarsdag vanjaar, 
maar daar was nie een digbundel van Cloete te sien op die rakke van die boekeparadys nie, nie eens die nuwe bundel wat aan die einde van 
verlede jaar verskyn het nie. Die boekemense moet besef dat daar op die platteland min boekwinkels is en dat mense uitgehonger is vir 
boeke. As die boekefees kreatief hanteer word, kan berge boeke verkoop word, die skrywers kan bemark en die hele leeskultuur bevorder word. 
Miskien kan iemand diep en innig oor die saak nadink en met 'n beter voorstel vorendag kom.

Alles in ag genome was die fees 'n heerlike saak en feesgangers sien reeds uit na die derde Aardklop. Prof. Heilna du Plooy is verbonde aan 
die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6428.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

